руководство пользователя linux руководство sony kdl 32ex402 руководство по эксплуатации musso руководство по установке windows 98 тойота функарго руководство основные теории руководства предприятием руководство по ремонту hyundai tucson руководство по эксплуатации пк тарифное руководство 4 стили лидерства и руководства audi руководство роль руководства и лидерства анализ стиля руководства в организации windows server 2008 руководство курсовая работа руководство и лидерство руководство по эксплуатации toyota mark mercedes w124 руководство cerato руководство по ремонту ситроен руководство по ремонту мтз 82.1 руководство увд сзао руководство руководство пользователя катарсис лада калина мультимедийное руководство руководство по ремонту bmw 316 руководство пользователя консультант плюс руководство по ремонту kalina скачать ревматология национальное руководство ниссан альмера руководство по эксплуатации руководство пользователя dir 100 руководство по эксплуатации уаз 315195 тренинг эффективное руководство руководство по ремонту ауди с4 остров кенгуру руководство по запузачиванию руководство по excel 2003 скачать скачать руководство opel astra h психологические проблемы руководства руководство по ремонту двигателя ауди руководство по эксплуатации узлов связи rav4 руководство руководство по эксплуатации калина руководство по эксплуатации nikon руководство по ремонту qashqai virtual dj руководство пользователя руководство 1 канала руководство sony prs 600 1 с руководство скачать национальное руководство по психиатрии руководство по эксплуатации ipod windows7 руководство пользователя руководство по эксплуатации мерседес w210 ваз 21214 руководство avensis руководство скачать театр под руководством джигарханяна оао лукойл руководство волга сайбер руководство по ремонту руководство по эксплуатации ситроен ксара руководство leopard x trail руководство по ремонту руководство по ремонту rover 200 opel zafira руководство по ремонту руководство страны сааб руководство по ремонту т4 руководство по ремонту руководство по эксплуатации ваз 21010 руководство по эксплуатации audi a3 u5i руководство по эксплуатации театр под руководством покровского принцип судейского руководства адаптация стилей руководства руководство нокиа 5230 банк русский стандарт руководство руководство mazda руководство по ремонту ваз 2101 pajero io руководство garmin mobile xt руководство пользователя mazda premacy руководство toyota sprinter руководство eclipse руководство пользователя руководство для беременных скачать руководство starline digitals руководство руководство по ремонту uaz hunter wv руководство по эксплуатации автор стилей руководства руководство зил 5301 скачать скачать руководство по эксплуатации автомобиля особенности руководства руководство по определению кренов cisco packet tracer руководство руководство по эксплуатации w210 sas руководство по выживанию скачать руководство по ремонту iveco скачать руководство по ремонту suzuki infiniti fx35 скачать руководство руководство по эксплуатации rav4 скачать руководство android 2.1 руководство по ремонту паз руководство по эксплуатации skoda yeti asus p5b руководство руководство по эксплуатации пжд руководство по ремонту тойота камри руководство по капитальному ремонту мазда демио руководство по ремонту руководство по ремонту volvo s60 руководство по эксплуатации ноутбука asus форд орион руководство по эксплуатации руководство по эксплуатации киа руководство пользователя netgear wgr612 руководство по установке 1с 8 скачать руководство по ремонту лачетти руководство w211 руководство пользователя материнской платы great wall руководство по эксплуатации пассат б5 руководство руководство пользователя word скачать руководство по ремонту rav4 руководство р 2.2 1766 03 фотошоп cs3 руководство руководство по эксплуатации автомобиля man приход к руководству брежнева руководство по ремонту газ 69 руководство разработчика 1с 8.1 21074 руководство по эксплуатации ямз 238 руководство по эксплуатации руководство по клиническим исследованиям cenmax сигнализация руководство руководство по ремонту даф тантрический секс руководство руководство по ремонту пежо 206 руководство по ремонту шевроле эванда ford transit руководство по эксплуатации ямз 236 руководство по ремонту nokia bh 104 руководство пользователя volkswagen golf руководство руководство по эксплуатации фиат ваз 2112 руководство мультимедийное руководство руководство по эксплуатации т5 тарифное руководство 4м руководство cs5 камины руководство руководство по эксплуатации принтера hp ваз2115 руководство по ремонту руководство по эксплуатации мерседес мицубиси галант руководство руководство по эксплуатации дэу нексия стили руководства в управлении руководство по сигнализации руководство по питанию руководство по ремонту бензопил мтз руководство по ремонту руководство ауди а4 руководство по эксплуатации зил руководство по бизнесу руководство по эксплуатации honda inspire vitz руководство по эксплуатации sharan руководство скачать руководство по эксплуатации nissan terrano руководство по эксплуатации ниссан коннект газ 2705 руководство руководство по ремонту ваз 21111 руководство нокиа н8 митсубиси аутлендер руководство по ремонту lg gx300 руководство руководство по эксплуатации с 2000

South African Fishing


Posted in Uncategorized by admin on the April 30th, 2007
Die Bronshaaie van Namibië 
 Deur Steven “Spyker” Kruger
 Hentiesbaai Hengeltoere
TEL/FAKS: +264 64 500903
  

Die slim manne noem die vis CARCHARHINUS BRACHYURUS. Wêreldwyd staan die vis bekend as die coppershark, bronze whaler en narrow tooth shark. In Namibië praat ons van die BRONZIE, die arm man se marlyn en bo-baas vegter. Vir die rots en strand hengelaar is dit ‘n gulde geleentheid om sy krag, stamina, vernuf en kundigheid te toets.


Jens Teggatoff (links) en Steven (regs) met ‘n Bronzie van 94 kg
gevang by Myl 100

Eienskappe
Die Bronzie het ‘n kort, stewige liggaamsbou met ‘n sterk koper glans aan die bo en sy-kante van die haai. Die punte van die haai se rugvin wissel van lig by jong haaie tot donker by groter haaie. Die haai bereik ‘n lengte van drie meter. Die huidige SA rekord staan op 192kg, gehou deur Stompie Heyns en die Namibiese rekord staan op 176kg.
Op die onderste kaak het die haai sterk, driehoekige, gepunte tande. Tande aan die boonste kaak is geriffeld en lê na buite. Die haai hou van matig tot koeler water en kom oor die algemeen in vlak water voor. Daar is wel aantekeninge van waar dit op dieptes van tot 100m gevind is.
In die winter volg die haaie die sardyn loop langs die Natalse suidkus. Daar is min aantekeninge dat hulle wel noord van Natal voorkom. Die spesie se hoof dieët bestaan hoofsaaklik uit stadig swemmende visse soos Knorhaan en Tongvis, alhoewel klein haaie en rôe ook geëet word. In Australië vreet hulle graag aan walvis karkasse, vandaar die naam “Bronze Whaler?.
Bevrugting vind inwendig plaas en die jong haaitjies word lewendig gebore in werpsels van 13-20 en is 60-70 cm lank by geboorte. Seksuele volwassenheid word bereik op ‘n ouderdom van 5 jaar op ‘n lengte van 230 cm.


André Henn met ‘n haai van 56 kg

Hoe om Bronzies te vang
Die Bronzie sal bykans enige aas vat met voorkeure soos Makriel, Harder, Bonito, Sandhaai en selfs Sardyn. Vars Kabeljou kop is ‘n goeie keuse. Vars aas kry voorkeur.

Gerei
Die katrol behoort genoegsame lyn te kan vat, die Daiwa reeks SL 50, SG 50 en die nuwe Speedshaft, sowel as Penn se 555gs en Shimano kan vir die doel gebruik word. Ek beveel aan dat jy nie met minder as 300m lyn hengel vir haaie nie. Die gebruik van katrolle met Bakeliet spoele moet vermy word. Die meer ernstige manne kan gerus kyk na die Daiwa 400/450H.
Enige goeie visstok sal die werk kan doen, kyk maar na die 400/3 of 400/4 grafiet stokke. Die 400/2 sal ook werk, maar die trekkrag sal net te min wees om die vis te draai en die hengelaar sal harder moet werk. Grafiet stokke bly maar die beste. Dis is sterk, lig en jy kan baie krag daarmee uitoefen. Weereens vir die ernstige manne is daar 400/4 pasmaak stokke wat korter gemaak is na 13vt toe, vir maksimum trekkrag. My persoonlike gunsteling is ‘n 400/6 grafiet stok, gemaak deur Chris Uys, wat baie trekkrag bied.


Theo de Jager met ‘n haai van 92 kg
(Theo gebruik ‘n Scarborough katrol)

Stroppe
Namibiese hengelaar, Johan Burger, wat al menigte groot Bronzies kant toe gebring het, vind dat die volgende strop die beste resultate lewer.
Die strop lyk soos volg: Gebruik ‘n ‘leaderlyn? van ten minste 0.80mm, met ‘n minimum lengte van 4m. Aan die leader is ‘n nommer 1/0 draaispil met ‘n lyn van 1.20mm daaraan geheg met ‘n lengte van 1.4m. Hieraan geheg is 40cm staal met ‘n breekkrag van 140 pond met 2 9/0 hoeke. ‘n Kleiner gly draaispil, waaraan die sinker geheg is, hardloop dan vry op die lyn van 1.20mm. Die hele strop sal dan ‘n lengte hê van 1.8m.
Vir diegene wat nie so lank strop kan ingooi nie, is die volgende strop dalk makliker. Die “leaderlyn? sal presies dieselfde wees waaraan ‘n draaispil geheg is met die staal van 140 pond voor aan vas en die sinker strop geheg aan dieselfde draaispil.
Let wel: Die staal moet nooit korter as ten minste 40cm wees nie. Die staal kan aan die lyn geheg word met die volgende knope: Die Albright knoop, Rob meads leader knoop, of die figuur 8 knoop. Hierdie knope is van baie groot belang, aangesien dit die swak plek in jy eindgerei sal wees.
Die hoeke kan wissel van ‘n 6/0 tot 10/0. Die meeste hengelaars gebruik twee hoeke waarvan een ‘n glyhoek is. Die hoeke is van kardinale belang en moet baie skerp wees.
Die Kendall round, Daichi en Perma Steel hoeke kan aanbeveel word. ‘Big gun’ sal voldoende wees met die Kendall round as die goedkoper hoek, maar nie noodwendig die swakste nie. Die hoeke lewer uitstekende resultate as hulle goed skerp gemaak is. Hou in gedagte dat hoe groter die hoeke, hoe meer krag kan die hengelaar uitoefen om die vis te land. Toets die hoek teen jou duimnael. Sodra die hoek getrek word, moet dit die nael penetreer.
Die beste manier om jy hoek skerp te maak is met ‘n plat vyl of 2 ronde vyltjies wat aanmekaar gebind met isoleerband. Die hoek kan dan teen die vyltjies terug na jou getrek word. Sodoende sal die hoek vinnig ‘n skerp punt kry. Dit is ook baie handig wanneer die hoeke tydens hengel stomp raak wanneer daar tussen klippe of bamboese gehengel word. Dit kan dan vinnig weer skerp gemaak word sonder om die hoeke af te haal.


Tipiese aas vir Bronzies

Die hoeke moet altyd by die aas uitsteek om maksimum penetrasie te verseker wanneer die vis die aas vat.

Die byt
Die haai sal die aas effens laat losskiet. In dié stadium moet die hengelaar die lyn stadig opkatrol. Die vis het teen die tyd al die aas in sy mond en sal weg van die hengelaar af swem. Die stok se punt sal vinnig, maar kragtig afsak ondertoe. Op dié tydstip moet die hengelaar herhaaldelik vaskap. So 3 tot 4 behoort genoeg te wees. Die vis sal lyn van die katrol begin afloop. Sodra die haai begin draai, sal jy ‘n kans kry om weer lyn terug te wen. Moenie te haastig wees nie. Bronzies is kragtige vegters wat die strome met kundigheid sal gebruik en sal baie maklik 150 tot 200 meter plus lyn met die omdraai slag afstroop. Die algemene aanvaarding is dat die katrol se “drag? een derde van die breekkrag van die lyn moet wees, maar met Bronzies moet dit baie stywer gestel wees, anders sal ‘n groot haai jou lyn met gemak afloop. Bronzies is redelik skoon vegters, maar as daar ‘n rif naby is sal die haai nie skroom om die hengelaar daar af te sny nie, veral tussen of naby bamboesbanke. Die hengelaar sal soveel as moontlik druk op die vis moet uitoefen om die vis uit sulke obstruksies weg te hou. Weereens, die haaie is kragtige swemmers en dit sal werk kos om hulle koppe te draai.
As die hengelaar se rug hom teen dié tyd opdraende gee, kan ‘n sittende posisie ingeneem word, indien dit gemaklik voel vir die hengelaar. Sodoende kan genoeg druk deur die hengelaar uitgeoefen word. Die haaie is stadig, maar kragtige vegters en oefen groot druk op die hengelaar uit. Die geveg sal enigiets van 45 minute tot en met 2 ure duur, afhangende van die haai se grootte. Hou in gedagte dat hoe langer die geveg duur, hoe groter is die kans dat iets verkeerd kan loop, soos hoeke wat loskom, staal wat deurgebyt word of ‘leader’ lyn wat breek. Dit is maar net ‘n paar goed wat verkeerd kan loop. Onthou dat die soort hengel nie vir die alleenloper is nie. Jy sal altyd ‘n hengelmaat benodig om die vis te gaffel. Wanner daar gegaffel word, moet jy versigtig wees om nie te diep in te gaan nie. Wees seker jy staan vas op die grond, want die vis kan jou maklik van balans af trek en die terugtrekkende water kan jou voete onder jou uittrek. Poog om die vis altyd in die agterkant van die lyf, weg van die kop af te gaffel. Kom ons sê vanaf die rugvin agtertoe sal ideaal wees. Weeg die haai met so min stres as moontlik. As daar ‘n net is, kan die vis daarin gelê word en dan in ‘n lêende posisie geweeg word. Die haai moet nie aan die stert opgetel word om geweeg te word nie. Dit kan stres tussen die rugsegmente veroorsaak wat kan lei tot sterftes. Hanteer die haai versigtig en plaas die haai so gou as moontlik weer terug in die water.

Alhoewel die haaie baie vlak kan inkom, moet gepoog word om die aas agter die brekers in te kry. Dit sal aanvanklik moeilik wees om die groot aas tot op die regte diepte in te kry, maar met ‘n bietjie oefening sal jy dit wel bemeester. Die sinker moet nie ligter as 7 of 8 onse wees nie, anders sal die aas rondspoel. Draad sinkers anker die aas goed.

Bronzies kom volop teen die Namibiese kus voor, vanaf Sandwich in die suide tot teen die Ugab draad. Met gunsteling plekke is Myl 8, Myl 30, Jakkalsputs, Myl 72, Myl 100 en die Winston, om maar ‘n paar te noem. Soos dit maar met hengel gaan, moet jy maar geduld hê, maar jy sal beloon word. Haai hengel is ‘n sport wat al meer aftrek begin kry en al hoe meer beoefen word deur die vroulike geslag, sowel as jonger hengelaars. Die Republikein se hengel kompetisie in samewerking met Penguin hengel klub se prys is gewen deur Leon Diederichs, wat nog ‘n junior is. Die haai se totale massa was 107kg. Vir die ouer manne wat nog lus is om hulle vernuf en krag te toets, bied dié haaie ‘n goeie geleentheid daartoe. Onthou, dit wat jy nie van die see gebruik nie, moet jy terug plaas. Dit sal verseker dat ons kinders die geleentheid sal hê om ook die sport te kan geniet en te beoefen.


Posted in Uncategorized by admin on the April 30th, 2007
Hengel voort op Henties 
Deur Estelle Rubouw
Hentiesbaai Toeriste Kantoor
+264-64-501143

Menige Suid-Afrikaanse hengelaar is in rep en roer oor die jongste wysigings op die hengelregulasies in Namibia wat op 21 Desember 2001 afgekondig is. Na my mening bestaan daar baie verwarring by mense oor die werklike implikasies van die regulasies soos dit nou van toepassing is en is daar steeds verkeerde interpretasies wat baie hengelaars negatief stem.

Ten einde alle onduidelikheid op te klaar sal ek hiermee poog om die korrekte interpretasie van die regulasies weer te gee.

Regulasie 5 en 7: PERMITTE
Elke persoon wat vir ontspanningsdoeleindes wil hengel, moet oor ‘n permit beskik, wat onder andere by die polisiekantoor op Hentiesbaai uitgeneem kan word. Dit is so dat daar ‘n bottelnek was oor die Desember vakansie-seisoen omdat die verkoop van permitte op die besigste tyd van die seisoen ingestel is wat tot opeenhoping gelei het. Die uitneem van hengelpermitte behoort in die opvolgende maande redelik vlot te verloop.
‘n Permit vir een maand kos N$14.00, maar kan ook vir ‘n periode van ‘n jaar uitgeneem word teen die bedrag van N$168.00.

Regulasie 8: DAAGLIKSE KWOTA
Hierdie regulasie bepaal die daaglikse kwota per hengelaar wat mag bestaan uit die volgende hoeveelheid vis:

  • Barbers: 30
  • Snoek: 20
  • Haai: 1
  • Kabeljou, steenbras, kolstert en galjoen: 10 gesamentlik

Die volgende groottes word vir kabeljou, steenbras, kolstert en galjoen neergelê:

  • Kolstert: Minimum grootte van 25 cm;
  • Galjoen: Minimum grootte van 30 cm;
  • Kabeljou: Minimum grootte van 40 cm, maar nie meer as 2 visse langer as 70 cm nie (kop en stert ingeluit);
  • Steenbras: Minimum grootte van 40 cm, maar nie meer as 2 visse langer as 65 cm nie (kop en stert ingesluit).

KREEF:
Die seisoen strek van 1 November tot 30 April en die maksimum grootte is 65mm karapaks (rugdop). ‘n Persoon met ‘n permit mag ‘n maksimum van 7 krewe per dag vang en niks meer as 7 krewe per persoon mag op enige stadium vervoer word nie. Krewe moet in ‘n heel toestand wees. Geen kreef mag tussen sononder en sonop gevang word nie.

Regulasie 11: VERVOER VAN VIS
Elke hengelaar per voertuig wat oor ‘n permit beskik mag drie maal sy daaglikse kwota vis huis toe vervoer, maar nie meer as 10 van elk van die volgende spesies nie: Kabeljou, steenbras. kolstert en galjoen. Al vier hierdie spesies moet in ‘n heel toestand wees en steeds kop en stert aanhê ten einde die groottes te kan bepaal.

Dit kom daarop neer dat elke hengelaar in ‘n voertuig wat oor ‘n permit beskik die volgende hoeveelheid vis in sy besit mag hê, ongeag hoeveel persone per voertuig:

  • Barber: 90
  • Snoek: 60
  • Haai: 3
  • Kreef: 7, almal in ‘n heel toestand.
  • Kabeljou, steenbras, kolstert en galjoen: 30 gesamentlik, maar nie meer as 10 van een spesie nie en alles in ‘n heel toestand.

Van die toegelate 10 kabeljou mag 6 langer wees as 70 cm en van die toegelate 10 steenbras, mag 6 langer wees as 65cm, kop en stert ingesluit.

‘n Groot voordeel wat die nuwe bepalings inhou, is die feit dat die hoeveelheid vis nie meer per voertuig beperk word nie, maar dat elke persoon op ‘n voertuig sy eie kwota mag hê, mits hy oor ‘n permit beskik. Hengelaars moet seker maak dat hulle te alle tye hulle permitte by hulle het en hulleself kan identifiseer.

Namibië se visbron is een van sy grootste bates en daadwerklike pogings moes aangewend word om dit ten alle koste te beskerm. Dit is ‘n onbetwisbare feit dat hierdie bron stadig besig is om te verminder. Hengelaars wat al vir jare hier kom hengel sal dit met my eens wees dat vis in die verlede baie meer volop was en dat mense na hartelus hierdie bron ontgin het, sonder enige beperkings op vis wat gevang is.

Die Hentiesbaai Toeristevereniging wil dus die Suid-afrikaanse hengelaars aanmoedig om steeds ons kusdorp te besoek en wanneer die vis swak loop, hulle vernuf te toets met die hengel van haaie.


Haaihengel raak baie populêr

Dit bly darem maar lekker!!

Haaihengel is vinnig besig om, veral by die buitelandse mark, ‘n baie populêre sport te word en vind groot byval omdat die haaie lewendig teruggeplaas word in die see.

Ek hoop van harte dat daar nou by voornemende hengelaars groter duidelikheid is. Die volledige regulasies kan gevind word op ons webtuiste: www.hentiesbay.com en enige verdere navrae kan direk aan my gerig word by tel +264-64-501143 of e-pos: info@hentiesbay.com